Toe ons jonk was, het ons altyd vakansies by Oupa en Ouma in Kakamas spandeer.
Ons Oupa en Ouma was van daardie Oupa en Oumas wat R100 in jou hand sou druk en fluister: “Koop wat jy wil, en moenie vir jou ma of pa iets sê nie.” As jy in Kakamas bly wou jy dadelik of roomys gaan koop of na die apteek toe gaan vir mooi geskenke.
R100 was mos baie!
Daar is min dinge om tydens vakansies in Kakamas te doen, maar om by Oupa en Ouma te kuier was bevredigend genoeg.
Maar dit was warm!
Oupa wou nie altyd die lugversorger aansit nie. Hy het geglo as ons buite speel sal ons vergeet hoe warm dit is.
So het ons speletjie “lande” begin. Ek raak nogsteeds opgewonde as ek probeer verduidelik hoe dit gewerk het. Lande was ‘n groot stuk grond waarop ons “territory claim” gespeel het. Jy gooi die bal in die lug, en as dit op iemand se land val, mag jy wetteglik ‘n gedeelte daarvan opeis, net so groot soos jou liggaam toelaat. Jy lê op die grond en probeer die grootste stukkie grond kry wat jy kan – ‘n speletjie van strategie, geluk en dapperheid. Ek was die kortste en op een of ander manier het die bal altyd op my land geval. Die Here het seker geweet ek was daai tyd al te “boujee” om op die grond territory te lê en te claim. Destyds was dit al moeilik om genoeg vir my om ‘n broek te dra. Tog het ek nooit regtig niks gehad nie – my nefie het altyd gesort dat ‘n stukkie grond vir my oorbly.
Ons lewe is ‘n keuse. Dinge gebeur, soms onverwags, soms moeilik, maar as ons regtig wil, kan ons ons stukkie grond, hoe klein ook al, bewaar en veilig hou. Terugdinkend aan ons speletjie besef ek dat die belangrikste nie die grond was nie, maar die mense wat dit vir my wou beskerm. Hoe klein. Hoe eenvoudig. Jare terug.
Ons het die speletjie altyd op die laaste aand gespeel, selfs nadat ons gebad het. Miskien was dit oor die uithouvermoë en die vasberadenheid wat dit aan ons oorgedra het, iets wat ons in ‘n nuwe skooljaar ingeskuif het en wat belangrik was.
Die speletjie is lankal verby. Die een van daardie herhinneringe wat jy in jou verlede wil hou om oor te glimlag. Maar die les bly: die mense wat vir jou omgee en jou beskerm, maak regtig saak. Hulle is jou stukkies grond, jou veilige plekke in die wêreld.
Koester hulle, waardeer hulle teenwoordigheid, en wees dankbaar vir die stil beskerming wat hulle bied.
Ek wonder soos ek afsluit, die lewe stel ons soms baie teleur en ons verstaan nie alles nie. Maar in daardie teleurstelling, hoe bereidwillig is ons nog om na iemand anders se stukkie grond te kyk sonder om iets terug te verwag?


